Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 24 JULIE 2011

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTELS

Dit is met leedwese dat bekend gemaak moet word dat die sleutels van twee radioamateurs in die onlangse verlede stil geraak, het. Hulle is:

Reg Sweet, ZS5CO, ongeveer ’n maand gelede..

Freddie Calitz, ZS6JC, op 20 Julie na ’n tyd van swak gesondheid. Hy was lank ’n lid van die Pretoria Amateuradioklub.

Aan die familie en vriende van die oorledenes, ons innige simpatie.

(POUSE)

In die nuus vandag:

ALLE PAAIE LEI VOLGENDE SATERDAG NA DURBAN

BOB HEIL GAAN “HAM NATION” OP 26 JULIE VAN DIE QE2 AF UITSAAI

PRESIDENTSNET VANAAND OM IARU-MOSIES TE NBESPREEK

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

ALLE PAAIE LEI VOLGENDE SATERDAG NA DURBAN

Moenie op Saterdag 30 Julie die SARL se Radiotegnologie-in-Aksie misloop nie. Dit sal in die skool vir Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese van die Universiteit van KwaZulu-Natal gehou word. Registrasie sal om 08:15 ’n aanvang neem. Die volle program is beskikbaar op www.sarl.org.za, kies RTA in die linkerhandse kolom. Die koste beloop R60, wat verversings en ’n ligte middagmaal insluit asook deelname aan die gelukstrekking vir bywoningspryse. Studente en skoliere onder 25 jaar oud woon gratis by.

Bring ’n vriend saam en stel hom of haar voor aan die węreld van amateurradio.

BOB HEIL GAAN “HAM NATION” OP 26 JULIE VAN DIE QE2 AF UITSAAI

Maak seker om op Dinsdag 26 Julie op Bob Heil, K9EID, se skou “Ham Nation”, vir die eerste aanbieding buite die ateljee, in te skakel. Bob, tesame met sy medeaanbieder, Gordon West, WB6NOA, beplan om ’n uitsending te doen vanuit die historiese radiokamer aan boord van die beroemde Queen Mary passierskip. Die skip is ’n populęre aantrekkingskrag wat in die Long Beach hawe geanker lę. Hulle spesiale gas sal Nate Brightman, K6OSC, wees. Brightman is die persoon wat algemeen gekrediteer word dat hy die eerste person is wat ’n aantal dekades gelede die radiokamer as ’n operasionele amateurradiostasie in die lewe gebring het. Ham Nation verskyn lewendig in Leo LaPorte se Twit internet-televisienetwork elke Dinsdagaand om 21:00 Oostelike tyd. Om in te skakel, neem eenvoudig jou websoeker na www.twit.tv en klik op die merker gemerk “live”. U kan ook ongeveer 24 uur later na ’n herhaling kyk deur die potgooi vanaf www.twit.tv af te laai.

PRESIDENTSNET VANAAND OM IARU-MOSIES TE NBESPREEK

Die SARL se President en afgevaardigdes na die driejaarlikse konferensie van IARU Streek 1 nooi u uit om insette te lewer aangaande hoe die SARL moet reageer op die verskeie mosies wat tydens die konferensie vanaf 12 tot 19 Augustus in Sun City gehou gaan word.

Die Presidentsnet sal vanaand, Sondag 24 Julie, om 19:30 op verskeie herhalers en d.m.v. Echolink op die lug wees. Martin du Preez, ZS6ZY, sal ’n herleiding van die net op 3 718 kHz waarneem.

Klubs wat graag hulle herhalers aan die net wil verbind, moet die telefoonnommer wat verbind moet word voor middag vandag stuur aan artoday@sarl.org.za. Dit is slegs moontlik om Telkom se landlynnommers te verbind.

NUWE LEDE

Hierdie week verwelkom ons die volgende nuwe lede by die SARL:

ZS6JDR, Jerry De Ru
ZSL1026, Rigardt Van der Spuy
ZS5GLR, Gawie Le Roux en
ZS6SCR, Francois de Wet.

Baie dankie dat julle die SARL en amateurradio ondersteun.

Die opbetaalde ledetal staan hierdie week op 931. Soos die maandeind nader versoek ons u om u ledegeld so spoedig moontlik te betaal. Verseker asb. dat indien u per bankoordrag of elektroniese oordrag betaal, u roepsein op die oordrag verskyn sodat u rekening dadelik gekrediteer kan word.

KOMPETISIENUUS

MOENIE VANMIDDAG DIE BARK SE 40 METER SONDAGSE WINTERVERWARMER MISLOOP NIE

Die Boland Amateurradioklub hou vanmiddag, Sondag 24 Julie sy 40 meter winternaelloop vanf 15:00 tot 18:00 SAT. Dit is ’n pretaktiwiteit om kontakte 0p 40 m in Suider-Afrikaanse lande aan te moedig. Dit is ook ’n ideale geleentheid vir mobiele stasies, veldstasies en RaDAR-stasies om deel te neem. Vir meer inligting, gaan na Bls. 60 van die ‘Blou Boek’ wat op die SARL se webwerf beskikbaar is.

SARL SE JEUGDAGNAELLOOP

Die uitslae van hierdie kompetisie is as volg:

1ste met 119 punte is Mitchell Mynhardt, ZS6YH, 13 jaar oud
2de met 99 punte is Rechard Preston, ZU4RP, 11 jaar oud
3de met 98 punte is Melissa Snyders, 10 jaar oud

Theunis Potgieter wen ’n ARRL Antennaboek vir die amateur ouer as 25 wat die meeste nie-amateurs op die lug gebring het.

Uitsalae van die gelukstrekking:

ARRL Basiese Antennaboek:
Mitchell Mynhardt, ZS6YH
Tiffany de Jager, ZU1PPG
Hugo Coetzee, ZS3H

Weerligvoorspellingstel:
Melissa Snyders

Boustelle vir afstandmikrofone:
Devon de Jager
Katelyn Bauermeister
CJ van Jaarsveld

Gratis SARL Studenteledegeld vir een jaar:
Renier de Jager, ZU1K
Elsa de Beer, ZU3EB
Rechard Preston, ZU4RP
Cilliers Schultz, ZU3CN
Jannes Fleming, ZU3JF

KLUBNUUS

Tydens die Jaareindvergadering van die Zoeloeland Amateurradioklub, wat die 10de Julie 2010 in Richardsbaai plaasgevind het, is die volgende lede tot die komitee verkies:

Voorsitter: John Kramer, ZS5J
Ondervoorsitter: Andrew Jansen, ZS5AND
Tesourier: Willie Axford, ZS5WI
Sekretaris: Dawn Snyders, ZS5ME
Lede: Jo Snyders ZS5PO (Redakteur)
Anne Griffiths, ZS5FAB
Thys v Rensburg, ZS5ZS
Warren Snyders ZS5WOZ
Brian Utterson, ZS5AE

Ons wens hulle sterkte toe vir hulle dienstermyn, en bedank die uittredende lede vir hul harde werk gedurende hulle dienstermyn.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteit op baie lae tot lae vlakke sal wees. Daar is tans drie sonvlekareas sigbaar. Sonvlekke 1 251, 1 254 en 1 259 bly egter onaktief maar daar is 'n kans vir 'n C-klas sonfakkel. Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week minder as 40.

Met winter hier en die laer sonaktiwiteit is 20 m die beste keuse vir DX gevolg deur 30 m. Daar is 'n kans vir 15 m-openinge na Suid-Amerika.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

24 Julie - Boland Amateurradioklub 15:0 tot 18:00 SAT 40 meter
naelloopkompetisie.
24 Julie - Presidentsnet vanaf 19:30 SAT.
26 Julie – Uitsendings begin vanaf die QE2.
27 Julie – 4de been van SARL Klubkompetisie.
30 Julie – RTA in Durban.
07 Aug. - SARL HF-foonkompetisie.
09 Aug. - SARL JD-naelloop.
21 Aug. - 3de been van SARL Digitale kompetisie.
28 Aug. - SARL HF-GG-kompetisie.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 750 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 18:30 SAT op 3 230 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur George, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.
/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.
members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003